Welkom by ons webwerf, vir die lekkerste boerewors, burgers, biltong en droëwors in Europa!Wat begin het as ’n stokperdjie, het uitgegroei as ’n plek waar Suid-Afrikaners, Namibiërs, Zimbabweërs, Nederlanders en Britte graag wors, en lekkernye bestel.
Ons het 5 soorte boerewors om van te kies en ook kleiner “uitprobeer”-pakkies om te proe hoe die verskillende soorte smaak. Oor die kwaliteit hoef u nie te twyfel nie, dit is goeie vleis en word higiënies voorberei en verwerk.
Ons wors word ook voorgesit in verskillende Suid-Afrikaanse restaurante nl. Ekeko (Amsterdam), Paviljoen Vlietland (Leidschendam), Afrika Savanna (Luyksgestel) en daar word gereeld groot bestellings afgedra vir kulturele dae en funksies.