André en Christabe is al vir heel lang vriende en die worsmakery het erens in 2002 begin. Aanvanklik was dit om aan eie behoefte te voorsien, omdat hier nie lekker boerewors was nie. Verskillende kombinasies kruie en speserye is uitgeprobeer en naderhand is by die “ware Jacob” berus.
Hierna het die ander geure ontwikkel en is verbeter met die tyd, knoffelwors, kaaswors, rooirissiewors en die 100% beesvleiswors.
André is in Suid-Afrika gebore, maar is al sedert 1989 in Nederland woonagtig en werksaam. Hy is getroud met Marjanne en het twee pragtige seuns Jasper en Martijn. In sy daaglikse lewe is André werksaam in die ICT sektor
Christabe en sy vrou Gea is in Suid-Afrika gebore en al sedert 1999 in Nederland woonagtig en wersaam. Hulle het 2 pragtige dogters, Elka, en Femke. In sy daaglikse lewe is Christabe ’n konsultant / adviseerder vir woningbou korperasies.