Welkom by ons webwerf, vir die lekkerste boerewors, burgers, biltong, chilibites, droëwors, pasteie, beskuit en wyn in Europa!Wat begin het as ’n stokperdjie, het uitgegroei as ’n plek waar Suid-Afrikaners, Namibiërs, Zimbabweërs, Nederlanders en Britte graag wors, en lekkernye bestel.
Daar is 5 soorte boerewors om van te kies en ook kleiner “uitprobeer”-pakkies om te proe hoe die verskillende soorte smaak. Oor die kwaliteit hoef u nie te twyfel nie, dit is goeie vleis en word higiënies voorberei en verwerk. Inmiddels is daar nie net boerewors nie, maar het ons ook Biltong, chilibites en droewors. Dit wordt gemaak met die beste vleis, en top kwaiteit specerye. Ook is daar pasteie. mmmmmmm baie lekker, en word steeds gewerk aan ontwikkeling van nuwe soorte. Die wyn wat ons het is voortreflik, en die beskuit is ook 'n aanrader.
Ons wors en ander produkte word ook voorgesit in verskillende Suid-Afrikaanse restaurante nl. Ekeko (Amsterdam), Paviljoen Vlietland (Leidschendam), Afrika Savanna (Luyksgestel) en daar word gereeld groot bestellings afgedra vir kulturele dae en funksies.